Vrae
'n Goeie manier om mense te help dink is om hulle vrae te vra. 'n Goeie vraag
kan ons baie help om inligting by mekaar te sit, ons bestaande idees te
her-evalueer en nuwe idees te skep.
Vrae wat gevra word om ander te help leer staan bekend as Socratiese
vrae.
Met Socratiese vrae moet jy baie mooi na die ander persoon luister om jou
vraag op 'n behulpsame manier op te stel.
Hier is voorbeelde van sulke vrae:
Vrae om 'n ander persoon beter te verstaan
- Wat bedoel jy as jy sê ______?
- Wat is jou hoof punt?
- Hoe vergelyk _____ met _____?
- Kan jy dit op 'n ander manier stel?
- Verstaan ek jou reg; het jy _____ of _____ bedoel?
- Hoe vergelyk dit met ons probleem/bespreking?
- Jane, som op in jou eie woorde wat Richard gesê het? ... Richard, is dit
wat jy bedoel het?
- Kan jy vir my 'n voorbeeld gee?
- Sal _____ 'n goeie voorbeeld wees van dit?
Vrae oor wat die leerder aanvaar
- Wat aanvaar jy hier?
- Wat aanvaar Jenny?
- Wat kan ons instede aanvaar?
- Dit lyk of jy _____ aanvaar. Verstaan ek jou reg?
- Alle jou redenerings is gebaseer op die idee dat _____. Hoekom
is dit gebaseer op _____ in plaas van _____?
- Dit lyk of jy _____ aanvaar.
- Is dit altyd die geval? Hoekom is dit die geval?
- Hoekom sal enige iemand dit aanvaar dat _____?
Vrae oor redes en bewysstukke
- Kan jy jou redes aan ons verduidelik?
- Hoekom is dit so in die geval?
- Is daar 'n rede om nie in die bewysstukke te glo nie?
- Wie sal weet wat die waarheid is?
- Wat sal jy aan iemand sê wat die stelling ____ maak?
- Kan iemand anders ook bewys lewer wat die stelling bevestig?
- Hoe het jy tot die gevolgtrekking gekom?
- Hoe kan ons uitvind of dit waar is?
Vrae oor persoonlike standpunte
- Wat impliseer jy daardeur?
- Wanneer jy sê _____, impliseer jy _____?
- Maar as dit gebeur wat sal nog gebeur? Hoekom?
- Watter effek sal dit hê?
- Sal dit noodwendig gebeur of sal dit miskien gebeur?
- Wat is 'n alternatief?
- As _____ en _____ die geval is, wat sal dan ook waar wees?
- As ons sê dat _____ is dit eties, wat van _____?
Vrae oor implikasies en nagevolge
- Hoe kan ons uitvind?
- Wat aanvaar die vraag?
- Sal _____ die vraag anders vra?
- Hoe kan iemand die vraag afhandel?
- Kan ons die vraag afbreek?
- Is die vraag duidelik? Verstaan ons dit?
- Is die vraag maklik of moeilik om te antwoord? Hoekom?
- Stem ons saam dat dit die vraag is?
- Om die vraag te beantwoord, watter vrae moet ons eers vra?
- Hoe sal _____ die onderwerp stel?
- Hoekom is die onderwerp belangrik?
- Is dit die belangrikste vraag, of is daar 'n onderliggende vraag ?
- Kan jy sien hoe dit betrekking het tot ________?
Questions adapted from Paul, R. (1993). Critical Thinking: How To Prepare Students for a Rapidly Changing World: Foundation for Critical Thinking, Santa Rosa, CA.